top of page

Jun 24, 2016

Cowhouse Pretoria

Kom geniet 'n lekker kuier by die Cowhouse Market en goeie musiek saam die Coffee Snobs

Jun 30, 2016

Toks en Tjops

Ons braai vanaand saam die manne by Toks en Tjops 'n heerlike ribbetjie! Kom kuier saam oud Bokkaptein Jean de Villiers, Toks van der Linde, Breyten Paulse, Janina Oberholzer, Vaatjie en die Snobs!

Jul 01, 2016

Coffee Snobs Live op Jukebox

Stel jou kissie in op kanaal 144, Kyknet se Jukebox progam waar Coffee Snobs live kuier saam Pieter Koen in die studio!

Jul 29, 2016

The Coachman - dullstroom

Die Snobs gaan jou aand vir jou warm sing in die koue Dullstroom op 30 Julie by die Coachman in Dullstroom. Boek jou tafel nou al om nie 'n koue teleurstelling te kry nie... 
Dit gaan iDullies wees - sien jou daar!

Jul 07, 2016

Vrydag4uur - Via TV

Vrydag4uur is hierdie cool mense, Dirk en Alti, met hul ou Camper Van, wat Suid Afrika plat travel. Met al die geryery deur ons pragtige land, luister hulle ook na lekker musiek. Nou ja, Coffee Snobs se "I don't Cry" word ook in die reeks gebruik - ons is so opgewonde!!

Aug 12, 2016

Informele Koffie Shop Julian Muller

Coffee Snobs drink tee?? Nee nee nee, Coffee Snobs maak baie lekker musiek by Julian Muller se Informele Koffie Shop!

Aug 18, 2016

The Blue Room

Die Blue Room in Witbank is waar jy moet wees op 19 Augustus wanneer die Coffee Snobs live optree en die aand gaan inkleur met lekker musiek!

Aug 22, 2016

Picasso Kaas & Wyn

Kuns, Kaas, Wyn en Musiek - 'n Beter kombinasie kan jy nie kry nie!! Kom geniet saam ons die heerlike aand by Julian Muller se Picasso Kaas en Wyn aand.

Aug 27, 2016

Ingaadi Spa - Woman's run & walk, Pretoria

Augustus is Vrouemaand en ons vier dit by Ingaadi Spa. Die dag is 'n fondsinsameling vir Adri Visser. Dit vind als plaas in die skilderagtige landgoed van Ingaadi Spa, kom geniet die draai van die seisoen en ondersteun die projek of kom kuier net lekker saam - nooi al jou vriende!
Wie is Adri Visser wil jy weet?

Lees meer hieroor...

Aug 31, 2016

Groot FM live!

Tune jou draadloos na 90.5fm en luister saam op Groot FM wanneer Coffee Snobs met hulle gesles en 'n paar geheime verklap....
As jy inni bosveld bly kan jy ook op DSTV inskakel en houtgerus in jou tv-kamer sit en luister, lekker man!

Sep 02, 2016

Omarambafees

Ja die Snobs is live by die Omarabafees, 3 Septenber 2016 - maak seker ons sien jou daar!!

Sep 16, 2016

Die Punt - Bethlehem

** OTREDE IS ONGELUKKIG GEKANSELLEER **

​

Wat is Die Punt? Of is dit op Die Punt af? Die feit is, daar is nie 'n punt nie...

Dis Die Punt.

Hier streef ons om deur samesyn, kuns, kos en dans jou te vermaak. Om vure of net onder die son jou hart se punt te raak. Dis hier waar jy jou punt kan maak, sonder oordeel, sommer in lag.

En Coffee Snobs kuier saam jou by Die Punt!!

Sep 23, 2016

Music4u - Pretoria

Wat meer wil jou nou he...Nasionale braaidag en musiek vir jou by Music4u in Pretoria! Jip die Snobs gaan optree, kom luister en kry sommer jou Coffee Snobs CD, wat daar vir jou persoonlik geteken kan word!

Sep 29, 2016

Tarentaal Teater - Rustenburg

Skud jou vere reg, en kom geniet die winter se laaste draai met 'n glasie rooiwyn en warm musiek wanneer Coffee Snobs jou Vrydagaand by die Tarentaal Teater gaan bederf - ]moet dit nie misloop nie!

Oct 05, 2016

Aardklop 6-8 Oktober

Die Kunste Klop en Potch roep!! 6-8 Oktober tree die Snobs Live op by Aarklop, kom klop aan en geniet n fees met n nuwe kleur!

Oct 20, 2016

Foxwood Teater - Johannesburg

Kom kry jou dosis van goeie kuns by die Foxwood kunste viering! Coffee Snobs is Vrydagaand in die Foxwood teater waar jy kan aansit vir 'n heerlike ete en strelende agtergrond musiek vir jou siel.
Of jy kan Saterdagoggend na vars musiek kom luister in die Foxwood tuin en verder jou kunsweek geniet!

Oct 28, 2016

Pierneef

Pierneefteater... wat meer moet ons nou se? Intieme teater met die regte atmosfeer en die Aroma van kuns in die lug. Die Snobs tree live op en deel hul storie rondom hul album Aroma!

Nov 18, 2016

Monte Christo - Hopefield, Cpt.

Kuns in die Kaap, wow! Hopefield bied alreeds 'n skilderagtige mooi prentjie, Coffee Snobs gaan dit verder inkleur met hul warm musiek!
Sien sooo baie uit om jul daar te ontmoet, maak gou, bespreek nou.

Please reload

bottom of page