top of page

"Dis redelik onwaarskynlik dat ’n band uit Groblersdal voortspruit"


Die vierstuk-rockgroep Coffee Snobs het pas hul debuutalbum, Storm, vrygestel.

Vernette Snob, voorvrou van dié groep, beantwoord ’n paar vrae. Goeiedag, Vernette. Hoe's dinge? Ek sit met ’n lekker koppie koffie in die hand, so dinge kan net goed wees!

Geluk met Coffee Snobs se debuutvrystelling, Storm, wat onlangs die lig gesien het. Te oordeel aan die enkele gedeeltes wat aanlyn geluister kan word, het daar baie moeite ingegaan nie net in die liedskepping nie, maar ook in die "arrangements" en die instrumentwerk wat ingespan is. Met watter mikpunte het julle die skep van die album benader, en in watter mate dink jy is dié mikpunte bereik? Hoe voel jy oor die album, noudat hy uit is, en hoe is die reaksie daarop tot dusver?

[if gte vml 1]><v:shapetype id="_x0000_t75" coordsize="21600,21600" o:spt="75" o:preferrelative="t" path="m@4@5l@4@11@9@11@9@5xe" filled="f" stroked="f"> <v:stroke joinstyle="miter"></v:stroke> <v:formulas> <v:f eqn="if lineDrawn pixelLineWidth 0"></v:f> <v:f eqn="sum @0 1 0"></v:f> <v:f eqn="sum 0 0 @1"></v:f> <v:f eqn="prod @2 1 2"></v:f> <v:f eqn="prod @3 21600 pixelWidth"></v:f> <v:f eqn="prod @3 21600 pixelHeight"></v:f> <v:f eqn="sum @0 0 1"></v:f> <v:f eqn="prod @6 1 2"></v:f> <v:f eqn="prod @7 21600 pixelWidth"></v:f> <v:f eqn="sum @8 21600 0"></v:f> <v:f eqn="prod @7 21600 pixelHeight"></v:f> <v:f eqn="sum @10 21600 0"></v:f> </v:formulas> <v:path o:extrusionok="f" gradientshapeok="t" o:connecttype="rect"></v:path> <o:lock v:ext="edit" aspectratio="t"></o:lock> </v:shapetype><v:shape id="Picture_x0020_1" o:spid="_x0000_i1026" type="#_x0000_t75" alt="coffeeweb1" href="http://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/08/coffeeweb1.jpg" style='width:375pt;height:416.25pt;visibility:visible;mso-wrap-style:square' o:button="t"> <v:fill o:detectmouseclick="t"></v:fill> <v:imagedata src="file:///C:\Users\mariusw\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.jpg" o:title="coffeeweb1"></v:imagedata> </v:shape><![endif][if !vml][endif]

Ons het ’n volle nege maande lank aan hierdie album gewerk en daar was tye wat dit gevoel het of ons nooit gaan klaar kry nie! Dit was harde werk, veral omdat ons al die instrumentele werk self gedoen het, maar ek dink dis juis hoekom dit so vervullend was – omdat ons self kreatief betrokke was met elke aspek van die album – elkeen van ons het idees gegee en nuwe goed probeer op ons instrumente en dus ook baie gegroei in die proses. Ons mikpunt was om die beste moontlike album te maak wat ons kon en met baie genade en hulp van bo dink ek ons het dit reggekry!

Tot dusver is die reaksie op die album baie positief. "Eie land" was die eerste single van die album wat vrygestel is en hierdie liedjie was dadelik ’n treffer. Dit is gebruik as die amptelike Afrikaanse liedjie vir die Joburg2c-bergfietsren en hy was en is nog steeds op verskeie stasies se Top 20 en het selfs ’n draai op nr 1 gemaak!

Jy het vroeër as solomusikant (onder jou eie naam, Vernette) ook musiek opgeneem en uitgereik. Nou is jy die voorvrou van die volle band – wat het tot dié skuif gelei? Wat is vir jou moeiliker daaraan om met die volle band te werk as alleen, en wat is lekkerder? Hoe vind jy die dinamiek en gedeelde verantwoordelikheid, of hoe werk dié dinge in Coffee Snobs?

Ek dink die skuif het gekom toe ek en Marius, wat die baskitaarspeler is, getrou het. Ons het van die begin af besluit dat ons saam musiek wil maak, dit is ons al twee se droom en passie en ons wil dit deel met mekaar. Met die volle band is dit net soveel lekkerder, veral wanneer ons optree. Dis mos nou baie makliker om saam met drie ander op die verhoog te staan as wat jy dit alleen moet doen, en dit skep net ’n ander atmosfeer. Dis vir seker moeiliker ook, want mens moet baie harder oefen om regtig tight te wees, en ons is ook vier uiteenlopende persoonlikhede wat moet saamwerk en mekaar se geite moet verdra! Gelukkig is daar net een vrou in die band ... [if gte vml 1]><v:shape id="Picture_x0020_2" o:spid="_x0000_i1025" type="#_x0000_t75" alt="&#128521;" style='width:36pt; height:16.5pt;visibility:visible;mso-wrap-style:square'> <v:imagedata src="file:///C:\Users\mariusw\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image002.png" o:title="&#128521;"></v:imagedata> </v:shape><![endif][if !vml][endif]

Spesifiek die snit "Eie land" kry goeie aftrek tot dusver – in ’n video-onderhoud op YouTube noem jy (en ander lede van die band) hoe belangrik die skep van liedjies met substansie, oftewel diepgaande elemente, vir julle is. Dink jy meer betekenisvolle liedjies – as ’n mens dit so wil noem – is iets waaraan daar op die oomblik in die hoofstroom ’n tekort is? Skenk mense te min aandag aan lirieke, of wat is jou filosofie hieroor? Hoe werk die liedjieskryfproses in Coffee Snobs, en hoe weet julle wanneer ’n liedjie wérk?

Ek weet nie of daar noodwendig ’n tekort daaraan is nie, maar dit moet net meer gespeel word! Ek kry die idee dat al hoe meer mense ’n behoefte het aan musiek met substansie. Maar daar is ’n plek vir beide diep en ligte musiek, dit hang maar af van elke ou se persoonlike smaak en voorkeur, en natuurlik ook in watter bui mens is. Met die album Storm het ons probeer om ’n goeie balans te handhaaf tussen die twee, maar selfs met die ligter liedjies is dit vir ons belangrik dat die lirieke betekenisvol moet wees en dit mense positief moet beïnvloed.

Wat Coffee Snobs aanbetref skryf ek hoofsaaklik die liedjies en dan sal ons almal insette lewer met die verwerking daarvan. Daar is ook ’n paar liedjies op die album wat ons nog nooit voorheen gespeel het nie, maar sommer die verwerking in die studio gedoen het – "Eie land" was een van hierdie!

Coffee Snobs maak musiek in beide Afrikaans en Engels. Is daar ’n spesifieke denkrigting agter dié benadering, in terme van markte wat betree kan word en so aan, of is dit bloot ’n geval van verskillende soorte genot wat uit die verskillende tale geput word? In watter taal is dit vir jou makliker of lekkerder om te skryf of op te tree? Hoe belangrik is dit vir ’n opkomende band soos julle om vaardig te wees in albei? Dink jy Coffee Snobs sal voorts in albei tale aanhou werk, of hoe sien jy jul plek in die toneel wat dit betref?

Almal in die band is Afrikaanssprekend en ons is ongelooflik trots op en lief vir ons taal, maar ons wil graag soveel as moontlik mense met ons musiek bereik en daarom wou ons ons nie beperk tot slegs Afrikaans of slegs Engels nie.

Wanneer ek ’n liedjie skryf is dit gewoonlik die melodie wat eerste kom en dan skryf ek lirieke wat daarby pas. Ek kan “hoor” of ’n liedjie Engels of Afrikaans moet wees – wat die beste gaan werk vir die spesifieke melodie. My eerste liefde is vir seker Afrikaans, maar dit is vir my ’n groter uitdaging om in Afrikaans te skryf – die Engelse woordeskat is soveel groter, wat dit makliker maak, want daar is net meer woorde wat dieselfde betekenis het waarmee jy kan rondspeel. MetStorm is die helfte van die liedjies Afrikaans en helfte Engels – dit is ons debuutalbum, so ons sal kyk hoe mense reageer en watter liedjies die beste doen, maar ek dink tog ons sal altyd musiek maak in beide tale.

Lees die artikel verder op Litnet....

EndFragment


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page