Geniet die aroma van musikale integriteit. Kinders van die windVernette en Marius is albei uitstekende liedjieskrywers en van hul werk is reeds deur Laurika Rauch, Jakkie Louw en die sopraan Suzaan Rentzke opgeneem. Dié album bevat elf vars, vernuwende, oorspronklike komposisies – én ‘n indrukwekkende weergawe van Koos du Plessis se tydlose skepping, Kinders van die wind. Die progressiewe kitaar- en perkussiegedrewe verwerking, grootse orkestrasie en Vernette se suiwer stemkrag en emosionele interpretasie is oorrompelend.
Kinders van die windVernette en Marius is albei uitstekende liedjieskrywers en van hul werk is reeds deur Laurika Rauch, Jakkie Louw en die sopraan Suzaan Rentzke opgeneem. Dié album bevat elf vars, vernuwende, oorspronklike komposisies – én ‘n indrukwekkende weergawe van Koos du Plessis se tydlose skepping, Kinders van die wind. Die progressiewe kitaar- en perkussiegedrewe verwerking, grootse orkestrasie en Vernette se suiwer stemkrag en emosionele interpretasie is oorrompelend.