top of page

Jou daaglikse dosis van “Coffee Snobs”


Met die vrystelling van hulle nuutste snit “Eie Land” het opkomende musiekgroep, Coffee Snobs, beslis die ketel van die Suid-Afrikaanse musiekindustrie aan die kook!

“Eie Land” is die tweede enkelsnit op hul debuutalbum, Storm wat ‘n boodskap van hoop aan die land lewer. Die groep se musiek maak aanspraak op sosiale kwessies en lewer ‘n positiewe uitkyk ten spyte van die gebrokendheid van Suid-Afrika.­

Wat opvallend van die musiek is, is dat mens van die begin af deur sinvolle woorde en harmonieë wat regtig met jou siel kan toor vermaak word. Hulle toets by tye die grense en dit lewer sukses op.

Coffee Snobs is beslis ֜n musiek groep van ֜n ander kaliber en omdat die luisteraar aan verskillende genres blootgestel word is dit moeilik om te bepaal wie aanklank hierby sal vind.

Vir die grootste deel dra die lirieke egter by tot die sukses van die album wat tot relevante kwessies spreek.Musiek liefhebbers kan uitsien na ’n vars aanslag wat dalk nie almal se koppie tee mag wees nie – en dit is ook goed so – want wat jy waarlik soek is ’n koppie koffie! Vervang gerus jou Nescafe met ’n daaglikse dosis van Coffee Snobs.

EndFragment


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page